Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC dra volle verantwoordelikheid vir Dipaleseng se finansiële verval

Die finansiële verval van die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Grootvlei, Greylingstad) kan net voor die deur van die ANC-regering gelê word.

Jare van wanbestuur, onbevoegdheid en politieke onverskilligheid het die munisipaliteit se finansies in ‘n warboel gedompel.

Ten spyte van die VF Plus se herhaalde waarskuwings en oplossingsvoorstelle oor die afgelope drie jaar, het geen verbetering plaasgevind nie. Dienslewering het nog verder verswak.

Luidens ʼn kwartaalverslag wat geëindig het op 30 September 2025, het die munisipaliteit se debiteureboek van R280 miljoen tot bykans R1 miljard gegroei. Weens die munisipaliteit se versuim om skuld in te vorder, is die munisipale koffers leeg en het die skuld aan krediteure van R220 miljoen tot R450 miljoen gestyg.

Hierdie wanbestuur dwing getroue belastingbetalers om die las van wanbetalers te dra – ’n stelsel wat onverantwoordelikheid beloon en dienslewering ondermyn.

Die sogenaamde finansiële herstelplan het oor ’n dekade geen noemenswaardige resultate gelewer nie. Selfs die munisipaliteit se eie ouditkomitee het dié mislukking bevestig.

Toe hierdie ernstige kwessies in die raad geopper is, het die ANC-geleide raad dit met algehele onverskilligheid afgemaak en geen nuwe oplossings aangebied nie.

Die ANC se onbevoegdheid en onverskilligheid het Dipaleseng in ’n finansiële sinkgat laat beland.

Die VF Plus het die saak nou na Mpumalanga se LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. Speedy Mashilo, geëskaleer en dring aan op onmiddellike ingryping om totale ineenstorting te voorkom.

Die VF Plus sal alle aksies monitor om deursigtigheid en werklike finansiële herstel te verseker. Die belange van Dipaleseng-inwoners moet bo politieke traagheid geplaas word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.