fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC by JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) onwillig om teen kader op te tree

Die versuim van die JB Marks-munisipaliteit (Ventersdorp en Potchefstroom) om op te tree teen die munisipale bestuurder, dr. Blaai-Mokgethi, vir swak administrasie en onregmatige en vrugtelose vermorsing van belastinggeld is onaanvaarbaar, sê Ian de Villiers, VF Plus-raadslid vir die munisipaliteit.

De Villiers sê die munisipaliteit se openbare rekeninge-komitee (MPAC) se tande is vir alle praktiese doeleindes getrek weens die onwilligheid van die komitee se voorsitter, raadslid Rufane Makousa en die ANC, wat die meerderheid in die munisipale raad is, om teen dr. Blaai-Mokgethi op te tree.

Hy sê die komitee het ‘n mandaat om verslag te doen aan die munisipale raad, aangesien dit ‘n raadskomitee is, en so ‘n verslag kan aanbevelings vervat om te bevestig dat die munisipale bestuurder nie haar prestasie-ooreenkoms nakom nie en dus geskors moet word weens die wanbesteding van belastinggeld.

“Die ANC wil dit egter nie doen nie en die VF Plus sal in ‘n mosie versoek dat die raad die munisipale bestuurder skors en dat ‘n forensiese ondersoek gedoen word om die bestuurder se werksaamhede van nader te bekyk. Indien onreëlmatighede gevind word, sal vervolging ingestel moet word.

“Hierdie is net weer ‘n bewys dat die ANC nie opgewasse is om ‘n munisipaliteit te bestuur nie dat hy nie bereid is om teen sy eie mense op te tree nie. Indien hierdie verkwisting en kaderbeskerming voortduur, sal die munisipaliteit binnekort onder administrasie geplaas moet word,” sê De Villiers.

Kontaknommers: 082 848 5528 / 079 885 1135

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.