Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aanval op plaasboer van Ceres in Koue Bokkeveld skok

Die VF Plus veroordeel die voorval waar ‘n plaasboer Maandag naby Ceres in die Koue Bokkeveld aangeval en ernstig beseer is ten sterkste en doen ‘n beroep op die polisie om alles moontlik te doen om die skuldiges so gou doenlik vas te trek, sê dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.

In die voorval is mnr. IW van der Merwe glo deur ‘n groep mans in sy plaaskafee gedwing om sy kluis oop te sluit waarna hy aangeval en verkeie kere met ‘n mes gesteek is.

Daar bestaan ‘n vermoede dat mnr. Van der Merwe deur ‘n groep seisoenale werkers van Lesotho aangeval is en dat hulle na die aanval gevlug het.

Dr. Mulder het ‘n beroep op boere gedoen om weens veiligheidsredes waar moontlik eerder van plaaslike arbeid gebruik te maak aangesien dié mense bekend is in die omgewing en nie maklik na ander landsdele of self oor die landsgrens kan vlug nadat hulle ‘n misdaad gepleeg het nie.

“Die VF Plus wil boere in dié provinsie ook maan om gedurig waaksaam te wees aangesien plaasaanvalle op enige plek in die land kan voorkom. Alhoewel dit in die Wes-Kaap veel minder as in ander dele van die land voorkom, beteken dit nie dit kan nie hier gebeur nie.

“Die party wens mnr. Van der Merwe ‘n spoedige herstel toe,” sê dr. Mulder.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.