Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-beleid wortel van Suid-Afrika se diplomatieke- en handelskrisis

Suid-Afrika se diplomatieke- en handelskrisis kan met reg toegeskryf word aan die ANC-regering se jarelange swak sosialistiese beleidsrigtings en mislukte buitelandse beleid.

Die land se ekonomie steier al vir dekades weens grootskaalse korrupsie, staatskaping en selfverryking wat plaasvind onder die vaandel van swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Die feit dat die ANC voortdurend die blaam verskuif en die publiek sowel as die sake- en landbougemeenskap in die duister hou, vererger die situasie net verder.

Onlangse uitsprake van die minister van handel en nywerheid, Parks Tau en president Cyril Ramaphosa dat alternatiewe markte ingevolge die Afrika-vryhandelsooreenkoms en met die Ooste ontgin sal word, is geensins gerusstellend nie.

Dit is veral kommerwekkend aangesien Suid-Afrika ’n handelsoorskot van R37 miljard met die VSA handhaaf, maar ’n handelstekort van R252 miljard met die Brics-groepering het.

Die land bevind hom dus nie in ’n gunstige posisie om sy ekonomie te laat groei deur hierdie alternatiewe kanale nie.

Dit is duidelik dat die ANC nie in die belang van die land optree nie, maar eerder in diens staan van ’n uitgediende ideologie en die belange van sy bevoordeelde kaders.

Hierdie selfdienende optrede ondermyn internasionale vertroue, benadeel ekonomiese groei en plaas Suid-Afrika se toekoms op die spel.

Die enigste pad vorentoe is die dringende vervanging van die ANC se ideologiese beleidsrigtings met realistiese vryemarkbeleid wat beleggersvertroue sal herstel, werkskepping sal aanwakker en volhoubare ekonomiese groei sal bevorder.

Die VF Plus is anders as ander politieke partye onherroeplik verbind tot ‘n werklike vryemarkekonomie wat ‘n ononderhandelbare vereiste is vir die herbou van ‘n florerende Suid-Afrika.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.