Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Alle Suid-Afrikaners moet ANC se korrupsietroika in munisipaliteite bestry

Alle Suid-Afrikaners behoort saam te staan teen die ANC se korrupsietroikas wat munisipaliteite landwyd bedreig.

Voorvalle van erge korrupsie en bedrog in ANC-beheerde munisipaliteite word met reëlmaat aan die lig gebring.

Die betrokkenes word telkens geïdentifiseer as ʼn korrupte amptenaar en/of ʼn plaaslike politikus in samewerking met ʼn ewe korrupte munisipale diensverskaffer.

In die jongste voorval is die hoof finansiële beampte (HFB) van die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit, Mercy Phetla, saam met twee werknemers van ʼn konstruksiemaatskappy in Klerksdorp in hegtenis geneem en van korrupsie ten bedrae van R1,4 miljoen aangekla.

Dit is die derde onlangse voorval waar senior amptenare en politici in Matlosana vir ernstige ongerymdhede in hegtenis geneem en aangekla is.

Veelseggend en kommerwekkend is ook die feit dat gerapporteer word dat munisipale diensverskaffers reeds vir ʼn geruime tyd na Phetla as “Ms 15%” verwys.

Uit hierdie en ander soortgelyke voorvalle is dit duidelik dat die ANC-korrupsiekultuur ook na gedeeltes van die privaatsektor oorgespoel het om ANC-geleide korrupsietroikas te vorm.

ʼn Wedersydse afhanklikheid tussen hierdie elemente is só geskep om uiteindelik munisipale fondse te plunder tot selfverryking van die troika-lede.

Hierdie praktyk het in baie gemeenskappe skynbaar reeds deel geraak van normale sakepraktyk.

Dit is noodsaaklik dat sakelui en alle gemeenskappe doeltreffend saam stry teen hierdie ANC-korrupsie wat munisipaliteite stelselmatig vernietig.

Kiesers moet ook die geleentheid aangryp om met hul stemme in die komende verkiesing seker te maak dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn etiese koalisieregering waarvan die VF Plus deel vorm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Denise Janse van Rensburg

Ekurhuleni se skuldkrisis vererger

Die Ekurhuleni-metro se toenemende finansiële wanbestuur blyk duidelik uit die finansiële verslag vir die derde kwartaal vir die 2024/25-boekjaar. Luidens dié verslag beloop die metro

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.