fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus wens matriekklas van 2023 geluk met verhoogde slaagsyfer – werklike toets is met verdere studie en in die arbeidsmark

Die VF Plus wens die matriekklas van 2023 wat die stygende neiging in die land se matriekslaagsyfer met 82,9% gehandhaaf het, geluk met hul poging.

Diegene wat dit nie gemaak het nie, moet beslis nie moed opgee nie, aangesien daar nog ʼn geleentheid is met die sogenaamde Tweede Kans-program, waarvolgens die vakke wat matrikulante terughou, herhaal kan word.

Minister Angie Motshekga het tereg daarop gewys dat oordrewe aandag aan die blote slaagpersentasie ʼn onvolledige prentjie skets. Inligting soos die deursettingskoers (persentasie graad eens wat matriek geskryf het) en die gehalte van die kwalifikasie (geskik vir graad-, diploma- en sertifikaatstudie).

Die werklike toets vir matriek is egter of suksesvolle matrikulante ook suksesvolle naskoolse studente, entrepreneurs, of toetreders tot die arbeidsmark is. Matriek is immers nie ʼn doel op sigself nie, maar voorbereiding vir die res van die lewe.

Sover dit provinsies aangaan, het die Vrystaat die beste gevaar met 89% en KwaZulu-Natal, Gauteng en Noordwes kort op mekaar se hake met onderskeidelik 86,4%, 85,4% en 84,6%.

Daarop het die Wes-Kaap met 81,5%, die Oos-Kaap met 81,4%, Limpopo met 79,5%, Mpumalanga met 77,0% gevolg. Die Noord-Kaap het die houtlepel verdien, met 75,8%.

Die provinsies met die beste deursettingskoers was Mpumalanga, Wes-Kaap en Oos-Kaap.

Hierdie prentjie is nie volledig sonder om die Independent Examination Board (IEB) en Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsowerheid (SAKAI) se uitslae in ag te neem nie.

Die onafhanklike onderwyssektor lewer sowat 5% van alle matrikulante. Hierdie sektor wissel van lae-inkomste onafhanklike skole, tuisskole, tot skole wat selfs duurder as universiteite is. Hierdie twee eksamenowerhede se slaagsyfer was onderskeidelik 98,46% en 72%.

Terwyl die VF Plus saam met matrikulante uitsien na die moontlikhede wat die res van die jaar en hul lewens inhou, is skole al aan die werk om 2024 se klas so goed moontlik voor te berei.

Die hele onderwysstelsel word sukses daarmee toegewens.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.