Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Alge en modder bedreig water- en voëllewe in Tshwane se damme

Die VF Plus het ‘n beroep op die Tshwane-metro se departement van omgewingsake gedoen om die dam in die bekende Austin Roberts-voëlreservaat, wat oortrek is met alge, skoon te maak. Hierdie dam word aangevul met boorgatwater.

Dié dam in Nieuw Muckleneuk met sy besonderse voël- en dierelewe, is geleë tussen ambassades en kantoorruimtes wat gereeld deur mense besoek word wat ‘n natuurlike omgewing wil geniet.

Die party het ook uitgereik na die Vriende van die Austin Roberts-voëlreservaat se kundigheid om ‘n helpende hand te verleen om die ekosisteem te herstel. Die hulp van omgewingspesialiste, siviele ingenieurs en vrywilligers is hiervoor nodig.

Nog ‘n groot toeriste aantreklikheid is ‘n ander dam in die Austin Roberts-voëlreservaat net langs die Blue Crane Restaurant. Hierdie dam was aanvanklik ʼn steengroef wat die munisipaliteit in ʼn dam omskep het. Oor die jare heen het grond daarin gespoel wat die watervlak verminder het.

Dié dam is tot so ‘n mate met modder gevul dat eende nie behoorlik kan swem nie. Die Walkerspruit wat verby die Brooklyn Mall loop, vloei in die dam en dit is duidelik tot ‘n groot mate besoedel. Die besoedeling word vererger deur haweloses wat onder brug by die rivier woon en die water vir al hulle behoeftes gebruik.

Damme in die Tshwane-metro se reservate moet vir die nageslag bewaar word en ook aan inwoners ʼn geleentheid bied om die natuurskoon te geniet.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.