Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hoofpad in Welverdiend bedreig motoriste se veiligheid

Die VF Plus se jarelange pleidooie aan die Gautengse departement van paaie en vervoer om dringend Tiendelaan (D92) wat deur Welverdiend in die Merafong-plaaslike munisipaliteit loop te herstel, val op dowe ore.

Selfs die party se versoekskrif met honderde handtekeninge van inwoners wat aan die departement gestuur is, word bloot geïgnoreer.

Swaarvoertuie wat graan en goedere vervoer, gebruik Tiendelaan daagliks. Die pad sluit ook aan by die N14.

Tiendelaan is in só ‘n swak toestand dat motoriste gedwing word om op die sypaadjie te ry om slaggate te vermy. ʼn Swaarvoertuig het onlangs in ʼn slaggat op die naat van die pad ingeval en moes uitgesleep word.

Dit is onaanvaarbaar dat motoriste daagliks hul lewe op die spel plaas om die pad te gebruik terwyl die departement alle pleidooie ignoreer.

Die vraag is of die departement gaan wag tot daar ʼn noodlottige ongeluk plaasvind voor daar reaksie gaan wees.

Die VF Plus het sy LPW in die Gautengse wetgewer, Jaco Mulder, gevra om dringend met die departement in gesprek te tree oor die aangeleentheid.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.