fbpx
Vryheidsfront Plus

Afrikadag: Mandela se nalatenskap van menseregte en nierassigheid word vertrap

Oud-president Nelson Mandela het probeer om ‘n nalatenskap van integriteit en respek vir menseregte te vestig. Vandag word hierdie nalatenskap vertrap, ook deur die ANC-regering.

Hy was bereid om op te staan teen ‘n Afrika-land, Nigerië, en sy misnoeë uit te spreek teen die regering van president Sani Abacha weens die teregstelling van die skrywer Ken Saro-Wiwa.

Hy het respek gehad vir die wet. Toe hy gedagvaar is om voor die hof te verskyn het hy dit gedoen. Hy het nie belastinggeld gemors in ‘n poging om uit die hof te bly nie.

Wat het geword van Mandela se soeke na nie-rassigheid? Daar kan nie toegelaat word dat enige mens in Suid-Afrika ‘n rasse-agenda dryf en verdeeldheid veroorsaak nie. Nierassigheid moet weer omarm word.

Die kleur groen kom voor op 44 van die 55 vlae van Afrika se lande. Vir die VF Plus simboliseer dié kleur Afrika en daarom is dit ook oorwegend die kleur op die party se wapen.

Die wit mense van Suid-Afrika is afstammelinge van mense wat meer as 360 jaar gelede uit Europa in die land aangekom het en Afrika as hul tuiste aangeneem het. Hulle leef in Afrika en word in sy grond begrawe. Hulle is deel van Afrika.

Die VF Plus is verbind tot Suid-Afrika en Afrika. Ons is mense van Afrika, en as almal na mekaar uitreik, sal ons ‘n sukses van die land maak.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.