fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Afrikadag-debat in NRP: Suid-Afrikaners sal eindelik ANC-epidemie ook oorleef en volkome onafhanklikheid verwerf

(Afrikadag-debat in NRP: Van pandemies tot epidemies: Bou aan 'n geïntegreerde, voorspoedige en vreedsame Afrika na Covid-19-pandemie)

Suid-Afrikaners, met hul inherente veerkragtigheid, sal soos met Covid-19 ook die ANC-epidemie oorleef om ware onafhanklikheid en voorspoed te kry.

Die mense van Suid-Afrika het ná talle aanslae in die verlede telkens opgestaan en weer opgebou.

Die weerstand van die Boere-republieke het die stryd om onafhanklikheid en teen Britse imperialisme in Afrika ingelui.

Boere-generaals soos Christiaan de Wet, Koos de la Rey en Louis Botha het wêreldwyd agting afgedwing en stukrag aan die strewe vir die bevryding van imperiale oorheersing in Afrika en elders gegee.

Suid-Afrika het die verwoesting van die Britse verskroeide-aarde beleid oorleef en weer opgestaan. Só ook met die Spaanse grieppandemie in 1918 en die groot depressie van die dertigerjare.

Afrikadag is ingestel om die onafhanklikheid van imperiale oorheersing en die stigting van die Afrika-Unie (AU) te vier.

Die gestelde stigtingsdoelwitte van die AU is om die volkome onafhanklikheid en voorspoed van Afrika se inwoners te bevorder.

Die ANC-regering blyk egter vasbeslote te wees om die stigtingsdoelwitte van die AU te ondermyn deur vas te klou aan uitgediende, mislukte ideologieë soos sosialisme en rasgegronde beleid.

Die tragiese resultaat van 28 jaar onder die ANC is daar vir almal om te sien. Die land neig na ‘n mislukte staat. Is dit die ANC se idee van ware onafhanklikheid, vryheid en voorspoed?

Dit is opmerklik dat state soos Maleisië, Singapoer, Indië en Rwanda, wat ook eens onder imperiale bewind was, vandag vooruitstrewend is en hul inwoners se belange vooropstel.

Hierdie vlak van ware vryheid en voorspoed is behaal nadat hierdie lande ‘n berekende besluit geneem het om hul inwoners te bevry van die juk van armoede en die lyding wat sosialisme meebring.

Die VF Plus sal voortgaan om alle Suid-Afrikaners te motiveer en hulle te herinner aan die kere wat Suid-Afrikaners suksesvol weerstand gebied het teen erge aanslae, of dit nou imperialistiese invalle, ekonomiese rampe of pandemies was.

Suid-Afrikaners sal die ANC-epidemie en Covid-19 oorleef deur weereens met veerkragtigheid en kreatiwiteit weerstand te bied om ware vryheid en onafhanklikheid te verkry.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.