fbpx
Vryheidsfront Plus

Adjunkpresident Mashatile se besoek aan Emfuleni niks anders as magsvertoon

Adjunkpresident Paul Mashatile se besoek gister aan die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) was ‘n blote magsvertoon aangesien weining van president Cyril Ramaphosa se beloftes oor dié gebied uitgevoer is.

President Ramaphosa het met sy besoek aan Emfuleni in Augustus verlede jaar beloof dat slaggate herstel sal word, rioolprobleme opgelos gaan word en dienslewering verbeter sal word.

Daarvan het feitlik niks gekom nie. Emfuleni steier inteendeel van een krisis na ‘n ander en dienslewering het byna tot stilstand gekom.

Die rioolkrisis is steeds nie opgelos nie al is ‘n bedrag van R965 miljoen in 2020 bewillig om die Vaalrioolnetwerk te rehabiliteer.

Slegs R265 miljoen van dié bedrag is bestee terwyl riool in Emfuleni se strate loop.

Die VF Plus is nie oortuig dat die adjunkpresident se besoek enige positiewe verandering in Emfuleni sal meebring nie en beskou sy besoek as blote stemwerwing in aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing.

Die ANC het Emfuleni die afgrond in bestuur en beskik nie oor die politieke wil om die munisipaliteit suksesvol te bestuur tot voordeel van sy inwoners nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.