Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aberdeen-inwoners ly skade weens munisipaliteit se versuim om stormwaterdreinering te onderhou

Die onlangse reënval van 55 mm in Aberdeen het aanvanklik verligting gebring, maar dit het vinnig in frustrasie en skade vir inwoners omgesit weens die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit se versuim om stormwaterdreine en besproeiingskanale te onderhou.

Ten spyte van herhaalde klagtes en formele versoeke aan die munisipale bestuurder, mnr. Bennie Arendse, het geen betekenisvolle optrede gevolg nie. Inwoners word eerder met leë beloftes en uitstelpogings gekonfronteer. Hierdie aanhoudende nalatigheid versterk die persepsie dat Aberdeen die “vergete kind” van die munisipaliteit geword het.

Die gevolge van hierdie versuim is nou so ernstig dat die munisipaliteit moontlik met siviele eise vir skadevergoeding gekonfronteer kan word.

Gemeenskapsvertroue het merkbaar verswak namate die munisipale leierskap voortgaan om op sy louere te rus sonder om die probleem daadwerklik aan te spreek.

Die situasie in Aberdeen vereis dat die munisipaliteit dringend ’n duidelike plan en tydlyn voorlê vir die herstel en instandhouding van stormwaterdreine en besproeiingskanale. Daar moet ook ’n onafhanklike ondersoek ingestel word na die herhaaldelike versuim om hierdie basiese diens te lewer

Die inwoners van Aberdeen verdien beter as ’n munisipaliteit wat sy basiese pligte versaak en die gemeenskap aan skade en verwaarlosing blootstel.

Die tyd het aangebreek dat inwoners hul stem gebruik om die onbevoegdheid van die ANC-leierskap te beëindig en ’n nuwe koers vir die dorp te kies.

Op 18 Maart het inwoners van Wyk 7 die geleentheid om die eerste hoeksteen daarvoor te lê en vir die VF Plus te stem wat werklik die belange van Aberdeen dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.