Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se PayCity-stelsel vir boetes nie langer in gebruik

Die VF Plus waarsku inwoners van Ekurhuleni dat verkeersboetes vir oortredings wat binne die metro begaan is, nie meer op die PayCity-stelsel verskyn nie.

PayCity is reeds vir byna ’n jaar nie ’n kontrakteur van die metro nie, wat beteken dat boetes nie via dié platform besigtig of betaal kan word nie.

Die VF Plus ontvang gereeld navrae van inwoners wat glo dat hulle geen uitstaande boetes het nie, bloot omdat dit nie op PayCity verskyn nie. Hierdie wanpersepsie kan lei tot boetes wat onwetend ophoop, kennisgewings misgeloop word en inwoners wat agterstallig raak sonder dat hulle daarvan bewus is. Dit kan ernstige gevolge inhou.

Die gebrek aan duidelike kommunikasie van die metro het groot verwarring veroorsaak. Inwoners behoort nie die risiko te loop van onbedoelde nie-nakoming van die wet weens verouderde inligting nie.

Inwoners moet die metro se eie verkeersboete-stelsel gebruik, wat via die amptelike Whatsapp-kletsbot toeganklik is. Die nommer is 060 667 7177.

So werk dit:

  1. Stuur “Hi” op Whatsapp.
  2. Kies opsie 5 – View Notices.
  3. Voer jou RSA-ID of kennisgewingnommer in.
  4. Hersien jou lys van aktiewe boetes.
  5. Kies die boete wat jy wil betaal.
  6. Volg die betaalskakel om die betaling te voltooi.

Alternatiewelik kan boetes gedurende werksure (Maandag tot Vrydag, 08:00–15:00) by die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se betalingskantore vereffen word. Kontant- en debietkaartbetalings word aanvaar. Kantore is beskikbaar in Alberton, Edenvale, Germiston (Elsburg), Nigel, Benoni, Kempton Park, Boksburg, Springs en Brakpan.

Vir meer inligting kan die metro se kliëntediensspan gekontak word by Siyakhokha@ekurhuleni.gov.za of (011) 999 5102.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die metro te plaas vir duidelike kommunikasie, aanspreeklikheid en toeganklike dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.