Die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Hennenman) word vererger die weens wanbetaling vir water deur die ANC-beheerde munisipaliteit.
Die munisipaliteit, wat gebuk gaan onder geweldige diensleweringsprobleme, ondervind ‘n geruime tyd reeds watertekorte met gebiede soos Jan Cillierspark, Sandania, Doring-Suid en Uitbreiding 19 in Welkom wat sonder ‘n druppel water gesit het.
Dit het ook nou aan die lig gekom geword dat ander gedeeltes van Welkom, asook Virginia, Odendaalsrus en Hennenman ook Woensdag sonder water was weens wanbetaling aan die Sedibeng Waterraad. Sedibeng het glo watertoevoer tot die munisipaliteit beperk.
Hierdie is ‘n onaanvaarbare toedrag van sake, aangesien dit die grondwetlike reg van elke Suid-Afrikaanse burger is om toegang tot water te hê en hierdie reg word deur die munisipaliteit verontagsaam. So ook is lopende water van kardinale belang vir die bekamping en voorkoming van die verspreiding van die Covid-19-virus.
Die VF Plus het gister ‘n dringende skrywe gerig aan die LUR vir samewerkende regering in die Vrystaat, mnr. Thembeni Skully Nxangisa. Die LUR het gevolglik ingegryp en watertoevoer is tydelik herstel hangende verdere onderhandelings ten opsigte van die uitstaande skuld.
Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om ‘n werkbare oplossing vir hierdie krisis te vind in belang van die inwoners van die munisipaliteit. Die ANC-regering moet verantwoordelik optree en sy grondwetlike pligte nakom.
Navrae: 082 886 9945