Die VF Plus se kandidaat vir die komende tussenverkiesing in die Drakenstein-plaaslike munisipaliteit (Wyk 3, Paarl), Rehan Kruger, het ‘n bewese rekord van diensbaarheid en dienslewering in dié gemeenskap.
Rehan het reeds bewys dat hy die belange van sy gemeenskap op die hart dra en aktief betrokke is by onder meer gemeenskapveiligheid.
Die tussenverkiesing vind plaas op 11 November 2020 en die inwoners van Wyk 3 kry dan die geleentheid om welkome politieke veranderinge tot hul eie voordeel teweeg te bring.
Die VF Plus het met vorige tussenverkiesings in Potchefstroom, Stilfontein en Schweizer-Reneke getoon dat hy van krag tot krag gaan en die party wil hierop voortbou in die Paarl.
Deur sterk verteenwoordiging op plaaslike regeringsvlak, word ook seker gemaak dat die VF Plus se stryd op nasionale en provinsiale vlak teen euwels soos plaasmoord- en aanvalle, geweldsmisdaad, regstellende aksie (RA), Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), staatskaping, korrupsie en ander belangrike kwessies, op plaaslike vlak inslag vind.
Dienslewering is vir Rehan van die grootste belang, veral in dié pragtige dorp. Hy staan gereed om sy rol as effektiewe waghond te vervul ten opsigte van wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid in Drakenstein se munisipaliteit.
Sy fokus op landelike veiligheid en vinnige hulpverlening in noodsituasies deur gevorderde netwerke, het tot op hede baie lewens positief geraak.
Rehan beywer hom daarvoor om met nuwe idees en die jongste beskikbare tegnologie, die gemeenskap te dien, veral betreffende toerisme, natuurbewaring en die bekamping van kleinwildstropery in die omgewing.
Hy het selfs ‘n stelsel ontwikkel met die jongste GPS-tegnologie om toesig te hou oor verkiesingsplakkate met komende tussenverkiesing.
‘n Stem vir Rehan is ‘n stem vir ‘n beter Wyk 3.
Navrae: 081-556-8224