fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp wantrouemosie en sal bly veg vir inwoners van Tshwane

Die VF Plus verwerp die wantroumosie in die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, wat daartoe gelei het dat die koalisieregering, waarvan die VF Plus deel was, vandag tot ʼn val gekom het.

Die VF Plus was en is steeds met ywer verbind tot die koalisie en het ʼn groot rol gespeel tot die suksesse van die koalisieregering om die Tshwane-metro te herstel en bou.

Die sakegemeenskap en inwoners se ongekende steun is ʼn bewys van die vertroue wat daar geplaas is in die koalisieregering.

Die verraderlike en selfsugtige daad van ActionSA om sy rug op die koalisie te keer, maak al die goeie werk wat tot nou toe gedoen is, tot niet.

ActionSA het boonop nie die ordentlikheid gehad om in terme van die geskrewe koalisie-ooreenkoms sy besware ter tafel te lê nie. Dit getuig van dié party se absolute selfgesentreerdheid om teen die wense van die meerderheid inwoners van die metro op te tree.

Die VF Plus is ook nie tevrede met die optrede van die speaker, Mncedi Ndzanana, wat die staande reëls oortree het deur nie gedurende die raadsvergadering ʼn koukusgeleentheid aan die VF Plus toe te staan nie. Die VF Plus sal die aangeleentheid na die etiese komitee verwys.

Die VF Plus sal voortgaan om met ywer die belange van inwoners te dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.