Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom VN-ontwikkelingsprogram se ontrekking aan ontwikkeling wat watersekerheid in Vhembe-distrik bedreig

Die VF Plus verwelkom die Verenigde Nasies Ontwikkelingsprogram (UNDP) se onttrekking aan die ontwikkeling van ʼn “slim- en nywerheidstad” in die droë Limpopokom aangesien dit watersekerheid in die gebied bedreig.

Die beplande Musina/Makhado-spesiale ekonomiese sone (MMSES) in die Vhembe-distrik (Louis Trichardt, Musina) van Limpopo hou ʼn bedreiging in vir landbou, watersekerheid, toerisme, die omgewing en die kulturele- en fossielerfenis.

Luidens ’n berig van Netwerk24 het die UNDP se hoofkantoor ’n afvaardiging gestuur om ’n klag oor die doel van die samewerkingsooreenkoms deeglik te ondersoek.

Omgewingsorganisasies en alle betrokke partye kan ʼn sug van verligting slaak oor die besluit aangesien die besoedeling en vernietiging van natuurlike en skaars waterbronne nie onderhandelbaar is nie.

Die Vhembe-distriksmunisipaliteit (Louis Trichardt, Musina) gaan jare reeds gebuk onder ’n voortslepende waterkrisis onder die ANC-beheerde munisipaliteite. Die projek was daarom van die staanspoor gedoem.

Die VF Plus het reeds ’n jaar gelede (Februarie 2023) geëis dat die nasionale- en provinsiale regering van Limpopo onmiddellik dié projek staak en dat daar in gesprek getree word met die onderskeie belangegroepe en inwoners.

Die party het geglo dat die omgewingsimpakstudie wat die groen lig gegee het vir dié ontwikkeling, gebrekkig was en nie die skade wat dit aan die omgewing en aan mense sou aanrig, in aanmerking geneem het nie.

Die VF Plus het in Maart verlede jaar (2023) ʼn klag oor die waterkrisis by die menseregtekommissie (MRK) ingedien. Die party het ook ʼn strafregtelike klag ingedien teen die uitvoerende burgemeester van Vhembe, mnr. Dowelani Nenguda en die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. NC Tshikovha.

Boonop het Vhembe in Januarie vanjaar versuim om ʼn sperdatum te haal wat die MRK gestel het rakende die voortslepende watertekorte. Die MRK het bevestig dat daar nou met ʼn hofaksie begin gaan word.

Die VF Plus is nie gekant teen ekonomiese ontwikkeling nie, maar dit moet in balans geskied en die skade aan die natuur en die huidige klimaatkrisis moet daarteen opgeweeg word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.