Die VF Plus betreur die afsterwe van die joernalis Alet van der Walt van Netwerk24.
Alet was ʼn uitnemende joernalis met integriteit en waardes en haar beriggewing deurgaans akkuraat en deeglik. Sy was nooit op soek na sensasie nie, maar het haar laat lei deur nuuswaarde en harde feite.
Die VF Plus het groot waardering vir die bydrae wat Alet gelewer het tot die joernalistiek in haar veld. Mag Alet se nalatenskap en navolgenswaardige optrede lank voortleef.
Die VF Plus bid Alet se familie, vriende en kollegas sterkte toe in hierdie moeilike tyd.


