fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel Kersdag-moord op polisielid in Somerset-Wes

Die VF Plus veroordeel die Kersdag-moord op ‘n 33-jarige polisiekonstabel van Somerset-Wes ten sterkste. Dit was een van vele die afgelope jaar en wys opnuut dat misdadigers geen respek vir die reg en vir menselewens het nie.

Die vermoorde se naam is nog nie bekend nie.

‘n Aanval op die polisie is ‘n aanval op die staat se gesag én die gemeenskap se veiligheid en daar moet op die strengste wyse moontlik met oortreders gehandel word.

Dit word verwelkom dat die Valke vinnig ‘n deurbraak gemaak het en vier mans in hegtenis geneem het.

Die VF Plus vertrou dat die ondersoekers voldoende getuienis ingesamel het om die verdagtes se skuld te bewys. Hulle sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Strand verskyn.

Wetstoepassers en inwoners van Suid-Afrika word daagliks deur misdadigers geterroriseer weens ‘n onbeholpe, korrupte en onbekwame ANC-regering.

Dit het tyd geword dat drastiese stappe geneem word om ‘n einde hieraan te bring.

Die enigste hoop op ‘n veilige Suid-Afrika waar inwoners hul grondwetlikeregte onverstoord kan uitoefen, is om in 2024 die ANC as regering te verwyder en te vervang met ‘n verantwoordelike koalisieregering waarvan die VF Plus deel sal vorm.

Die VF Plus wil hiermee ook sy medelye uitspreek met die naasbestaandes van die oorledene.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.