fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus betreur afsterwe van Oos-Kaapse LPW mnr. Theo Coetzee

Die VF Plus betreur die afsterwe van sy Oos-Kaapse wetgewerslid, mnr. Theo Coetzee, wat vandag aan kanker oorlede is.

Mnr. Coetzee is gebore op 7 Julie 1948 en laat sy vrou, drie seuns en vyf kleinkinders agter.

Mnr. Coetzee dien sedert 2019 as LPW vir die VF Plus in die Oos-Kaap. Sy ervaring en betrokkenheid in die wetgewer en in sy gemeenskap gaan baie gemis word.

Hy was sagmoedig dog ferm en het ‘n sterk karakter en leierseienskappe gehad. Sy afsterwe laat ‘n groot leemte onder die mense wat hy bedien het en onder kollegas in die party.

Die party spreek sy innige simpatie uit met sy vrou Magda, sy seuns, Armand, Dewald en Helgard en hul gesinne.

Mag die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, oor jul harte en gedagtes die wag hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.