fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel beweerde doodsdreigement van Mbombela-amptenare

Daar moet ondersoek ingestel word na beweerde doodsdreigemente wat munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) glo teenoor 'n lid van die publiek gemaak het.

Mnr. TJ Maré van We Care 4 Nelspruit, 'n plaaslike vrywilligheidsorganisasie, was besig met 'n skoonmaakoperasie in Nelspruit/Mbombela toe amptenare in 'n munisipale voertuig hom en sy span glo gedreig het.

Die span vrywilligers het vullis opgetel langs die R104-pad by die Crossings-sentrum. Dié gebied is lank deur die munisipale gemeenskapsdienste-afdeling afgeskeep.

Na bewering het die amptenare gedreig om hulle te vermoor omdat hulle hul werk wegneem.

Dit is ook nie die eerste keer dat munisipale werkers We Care 4 Nelspruit dreig nie.

Mnr. Maré het ‘n video van die spesifieke voorval gemaak en dit op sosiale media geplaas en ook ‘n strafregtelike klag by die polisie ingedien.

Die VF Plus neem hierdie voorval baie ernstig op sal druk plaas op die burgemeester, me. Sibongile Makushe sowel as die speaker, mnr. William Nkhata, om die voorval te ondersoek.

Die party sal ook die voorval opneem in die munisipaliteit se komitee vir gemeenskapsdienste.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.