Die Ekurhuleni-metro se beleid rakende die openbare deelnameproses moet doelmatig toegepas word om deursigtigheid te bevorder.
Dié beleid, wat uit 2002 dateer, word tans hersien.
Die Munisipale Stelselswet verplig munisipaliteite om deel te wees van ‘n deursigtige proses om gemeenskappe by besluitnemingsprosesse te betrek ten einde die publiek in te lig en te bemagtig.
Openbare deelname word vereis by die opstel van munisipale wetgewing of verorderings, die opstel van die onafhanklike ontwikkelingsplan, finansiële aangeleenthede soos begrotings, die sluiting van kontrakte en openbare vennootskappe, die vasstelling van munisipale tariewe, eiendomsbelasting en prestasiebestuur.
Die VF Plus sal druk op Ekurhuleni plaas om ‘n bewusmakingsveldtog van stapel te stuur om mense aan te moedig om aan openbare deelnameprosesse deel te neem.
Openbare deelname is uiters belangrik om deursigtige demokrasie te handhaaf.


