fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verbind tot veelparty-regering in Tshwane (Pretoria)

"Die VF Plus in die Tshwane-metroraad ondersteun die burgemeester, Solly Msimanga, se besluit om bewerings van ongerymdhede in die Glad Africa-kontrak waarby die stadsbestuurder, dr. Moeketsi Mosola, betrokke is te laat ondersoek. Die VF Plus sal daarom ook teen die mosie van wantroue stem wat die ANC en EFF in die burgemeester by Donderdag se raadsvergadering stel," sê Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid en lid van burgemeesterskomitee: Tshwane-metroraad

Du Plooy versoek Msimanga om nooit terug te deins nie, maar voort te gaan om alle bewerings van korrupsie in die Tshwane-metro te ondersoek.

"Dit is tot die metroraad se voordeel en in belang van die inwoners dat die ANC nie weer aan bewind van die metro kom nie. Die veelparty-regering, waarvan die VF Plus deel is, is verbind tot gehalte dienslewering en die uitroei van korrupsie, wanbesteding en onbevoegdheid.

"Die ANC se nalatenskap na hy sowat 20 jaar die Tshwane-metroraad regeer het, is een van ongerymdhede en swak dienslewering. Die veelparty-regering maak reeds vordering om hierdie nalatenskap om te keer en in belang van alle inwoners dienslewering en die finansiële bestuur van die munisipaliteit te verbeter," sê Du Plooy. 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.