fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in met riool-besoedelingsprobleem in Nylstroom

Die vervalle toestand van Nylstroom (Modimolle) en Mookgophong (Naboomspruit) se riool- en watersuiweringsaanleg en gevolglike besoedeling van die Nylrivier moet dringend aandag geniet en die probleem kan nie langer net voor die deur van die vorige ANC-bewind se onbevoegdheid en korrupsie geplaas word nie, al is dit feitlik korrek.

"Die VF Plus, wat die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in koalisie beheer met die DA, gaan daarom dringend ‘n gesprek aanvra met die burgemeester, me. Marlene van Staden van die DA, sodat daar onverwyld begin kan word met optrede om die probleem op te los," sê Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo

Dit het nou aan die lig gekom dat ‘n bedrag van sowat R80 miljoen wat gebruik moes word om die aanleg op te gradeer verdwyn het, en ‘n forensiese ondersoek moet nou bepaal wat van die geld geword het.

"Die probleem het mettertyd ontstaan deur ‘n jarelange gebrek aan onderhoud deur die vorige ANC-beheerde munisipaliteit met talle bewerings van korrupsie en onreëlmatige betalings aan diensverskaffers wat onderhoudswerk in die wiele gery het.

"Die huidige krisis van rioolstorting in die Nylrivier is uiters kommerwekkend vir die gemeenskap en die boere wie se grond aan die rivier grens aangesien die besoedeling ‘n duidelike gesondheidsrisiko inhou en skadelik kan wees vir mens, dier en plant.

"Die VF Plus se provinsiale leier in Limpopo, Marcelle Maritz, gaan die saak nou as prioriteit bespreek met die burgemeester en vra dat ‘n aksieplan so gou moontlik in belang van die inwoners in werking gestel word,"sê Maritz

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.