fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus onthou die vroue van die verlede en steun die vroue van die hede

Op Nasionale Vrouedag wil die VF Plus hulde en eer bring aan die vroue van Suid-Afrika wat die land gehelp bou het en dit steeds doen. Deur die geskiedenis het vroue nog altyd ‘n belangrike rol in die land gespeel, selfs meer so in die tydperk van Covid-19 en in ag genome die geweldige aanslae van geslagsgeweld op vroue en kinders wat steeds die land teister.

Die tema vir hierdie jaar se Nasionale Vrouedag is die verwesenliking van vroueregte vir ‘n gelyke toekoms.

Hierdie tema sal slegs verwesenlik word indien die ANC begin om nie net hulde aan ANC-vroue te bring nie, maar aan alle vroue in Suid-Afrika. ‘n Gelyke toekoms vir vroue in Suid-Afrika sal slegs moontlik wees met die daarstelling van gelyke geleenthede, ware bemagtiging van vroue en die afskaffing van kwotas.

In die geskiedenis was vroue in Suid-Afrika nog altyd ‘n groot dryfkrag vir verandering en die verbetering van die lewe van alle Suid-Afrikaners. In 2021 is dit steeds die geval.

Waar revolusionêre magte tans Suid-Afrika wil destabiliseer, gaan die vrou van vandag, net soos die vroue van destyds, die rots van Suid-Afrika moet wees. Vroue gaan die voorbeeld moet wees wat kinders van vandag opvoed om respek vir mekaar se taal, kultuur en die land te hê.

Dit is ook waarom van die vroue van die VF Plus in die Vrystaat op 9 Augustus 2021 die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein besoek het om herdenking te gee aan al die vroue wat onder moeilike omstandighede steeds die rots in die stryd was en tans in Suid-Afrika steeds is.

Die VF Plus sal opstaan vir ware gelykheid van vroue en sal saamstaan om gelyke geleenthede vir vroue daar te stel.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.