fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus na Groen Skerpioene oor Aberdeen se morsige stortingsterrein

Die VF Plus het ʼn klag by die Groen Skerpioene ingedien oor Aberdeen se ongereguleerde stortingsterrein wat besig is om ernstige gesondheidsprobleme vir inwoners van die gebied te skep.

Die onversorgde stortingsterrein is net soos die toegangspad na die terrein en die provinsiale pad vanaf die N9 na Aberdeen in ʼn swak en vervalle toestand.

Die VF Plus het hierdie probleme al herhaaldelik onder die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit se aandag gebring sonder enige reaksie.

Die party het sedert einde verlede jaar talle klagtes oor die afvalbestuur van die stortingsterrein in Aberdeen en elders in die munisipale gebied ontvang.

Dit maak dit duidelik dat die munisipaliteit geen erns het met sy verpligtinge rakende die rehabilitasie en instandhouding van die vullisterreine nie.

Wat Aberdeen aanbetref, is daar verskeie omgewingskwessies en gesondheidsrisiko’s wat kommer wek.

Die ergste hiervan is dat die boorgat wat een van Aberdeen se hoofbronne van drinkwater is, skaars 80m van die stortingsterrein geleë is. Die terrein is ook reg langs die Kraairivier wat deur die dorp vloei.

Daar bestaan geen twyfel nie dat hierdie water besoedel word deur chemikalieë en ander giftige en besoedelende stowwe wat na die ondergrondse water en die rivier dreineer.

Huishoudelike-, landbou en nywerheidsafval wat op die terrein gestort word lok loslopende diere soos honde, varke en beeste. Daar woon ook talle haweloses wat ʼn inkomste genereer uit herwinbare afval.

Die los vullis, wat nie gekompakteer word nie, waai die omgewing rond terwyl brande veroorsaak dat skadelike gasse oor die dorp se woongebied waai.

Indien die situasie nie spoedig aandag geniet nie, sal die party ook ʼn strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder, dr. Eddie Rankwana, indien ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.