Die VF Plus het die afgelope naweek op uitnodiging van AfriForum met ‘n padinfrastruktuur-herstelprojek gehelp om 72 slaggate in Krugersdorp te herstel.
Slaggate is herstel in onder meer Munsieville, Krugersdorp-Noord, Dan Pienaarville, Rant en Dal, Silverfields en Kenmare. Sowat 1 625 kg teer is gebruik.
Die projek sal oor die volgende twee naweke voortgesit word om die oorblywende woonbuurte se slaggate te herstel.
Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) is tans besig met ‘n tenderproses vir padherstelwerk wat die herstel van paaie vertraag.
Na die goeie reën wat Krugersdorp en omgewing die afgelope tyd gehad het, het slaggate vergroot en nuwes het gevorm.
Inwoners van die onderskeie woonbuurte het spontaan na vore gekom en gehelp met die werk.
Die VF Plus bedank AfriForum en die inwoners van Krugersdorp vir hul ywer om te help met die vooruitgang van Mogale City.