fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help DBV in Brakpan met fondsinsameling

Die koalisievennote in die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het Saterdag ook buite die raadsaal hande gevat en ‘n blikskud-geleentheid by die Carnaval Mall in Brakpan aangebied.

Die doel van die blikskud was om geld in te samel vir die aankoop van ‘n bakkie vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Brakpan.

Die VF Plus het R7 243.45 as bydrae vir die aankoop van 'n bakkie ingesamel.

Die DBV het self ook ingespring en ‘n bedrag van R4 272.40 ingesamel.

Die bedrag plaas die DBV op dreef om sy doel te bereik.

Die DBV het sy dank uitgespreek teenoor al die partye wat bereid was om te help.

Die VF Plus is besorg oor die welstand van diere en ondersteun graag projekte van organisasies wat hul hiervoor beywer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.