fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ondersoek na Mangaung se wanbesteding van R8,1 miljoen

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) gevra om die Mangaung-metro se wanbesteding van R8,1 miljoen aan ʼn inligtingstegnologiediens te ondersoek aangesien daar geen bewys bestaan dat die dienste gelewer is nie.

Die OG het in sy verslag oor Mangaung se oudituitkomste vir die 2022/2023-boekjaar sy kommer oor die betaling uitgespreek.

Die VF Plus hoop ʼn ondersoek na die R8,1 miljoen sal verduidelik waarom belastingbetalers se geld vermors word op kontrakte met diensverskaffers wat nie die dienste lewer nie.

Die metro het in dieselfde boekjaar verkwiste uitgawes van meer as R189 miljoen gehad.

Die ANC het nou al by herhaling bewys dat hy eenvoudig nie die politieke wil het om diensleweringskontrakte aan betroubare kontrakteurs toe te ken en te monitor nie.

Dit gaan vir die ANC net oor die verryking van sy meelopers en kaders ten koste van die inwoners van Mangaung.

Die enigste manier om Mangaung en die Vrystaat te herstel en bou, is om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel sal wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.