fbpx
Vryheidsfront Plus

President en ANC nie te vertrou met seggenskap oor finansiering van politieke partye

Die VF Plus maak ten sterkste beswaar teen die beoogde wysigings van die klousules wat betrekking het op die Wet op Finansiering van Politieke Partye.

President Cyril Ramaphosa en die ANC kan nie vertrou word om alleen te besluit oor politieke partye se befondsing nie.

Die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake het dit ten doel om die president groter mag te gee om die formules en regulasies oor die finansiering van politieke partye te bepaal.

Hy sal alleen kan besluit wat die verdeling moet wees tussen ʼn proposionele en gelyke toewysing van die fondse asook oor die minimum- en maksimum skenkings wat partye mag ontvang.

Die wetsontwerp sal die Wet op Finansiering van Politieke Partye sodanig wysig dat die president regulasies rakende finansiering sal kan uitvaardig sonder die goedkeuring van die parlement.

Die president het reeds by herhaling getoon dat hy bevooroordeeld is ten gunste van die ANC.

Die presidensiële handleiding is ʼn voorbeeld oor hoe hy misbruik maak van vlugte op die belastingbetaler se onkoste en daar hoef geen twyfel te wees dat hy van sy magte misbruik sal maak om die ANC te bevoordeel nie.

Wat die partypolitieke befondsingsmodel aanbetref, het die VF Plus reeds in 2017 aangedui dat hy bereid is om Grondwethof toe te gaan oor die destydse onbillike verdeling van fondse.

Die model het fondse toegeken op ʼn grondslag van 10% gelyk en 90% proporsioneel. Dit het die ANC buitensporig bevoordeel en die VF Plus was bereid om die Grondwethof daaroor te nader.

Net so sal die party hom nou weer na die Grondwethof wend indien hierdie wysigings aanvaar sou word.

Die vraag moet daarom gevra word oor die tydsberekening van die besluit. Enige saak rakende partybefondsing kan veel eerder deur ʼn nuwe parlement behandel word.

ʼn Verkiessingsveldtog kan nie sonder geld gevoer word nie en hierdie kom neer op ʼn direkte ondermyning van die demokrasie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.