fbpx
Vryheidsfront Plus

Staatsrede 2024: Duidelik dat Ramaphosa nie weet wat ons weet nie

President Cyril Ramaphosa het met sy staatsrede ondubbelsinnig gewys dat hy en die ANC-regering totaal verwyder is van die realiteite van die probleme waarmee gewone Suid-Afrikaners daagliks mee worstel.

Hy weet klaarblyklik nie wat gewone Suid-Afrikaners weet nie.

Een voorbeeld is beurkrag. Verlede jaar het die president beloof dat beurtkrag in 2023 iets van die verlede sou wees. Daar is nog geen sprake van nie. Iemand moet hom dalk inlig dit is nou reeds 2024.

Hy skets ʼn wonderlike prentjie van werkskepping en voorspoed. Die realiteit is dat sowat 40% van alle Suid-Afrikaners en meer as 60% van die jong mense in die land werkloos is.

Jare gelede het hy beloftes gemaak van hoëspoedtreine, slim stede en nuwe damme. Daar het niks van gekom nie.

Hy vertel van die reuse werk wat rondom infrastruktuur gedoen word; van misdaadvrye omgewings en van gesondheidsorg by staatshospitale wat so goed is dat mense eerder daar behandel wil word as in private hospitale.

Dit is totaal verwyder van die realiteit. Die VF Plus het onlangs ʼn volledige verslag uitgebring oor die totale verval van staatshospitale en die haglike omstandighede waaraan siekes uitgelewer is. Die MRK is besig om dit te ondersoek.

Die president spog dat dit te danke aan die regering is dat staatskaping beëindig is. Dit terwyl dit net die ANC is wat die voormalige president Jacob Zuma en sy trawante tien jaar lank desperaat in die parlement verdedig het. Almal weet dit.

President Ramaphosa het 2024 se staatsrede totaal misbruik in ʼn desperate poging om ʼn verkiesingstoespraak te hou. Selfs dit het misluk. Al waarmee hy kon spog was oor beloftes wat nooit gerealiseer het nie en ʼn land wat in die realiteit glad nie bestaan nie.

Hierdie taktiek kan in die regering se gesig ontplof. Die publiek is nie dom nie en hulle het lank genoeg die ANC se leuens in goeie trou aanvaar.

Hulle is desperaat, honger en werkloos. Hulle ry deur slaggate, ervaar beurtkrag en sien daagliks hoe honderde desperate mense langs paaie staan in die hoop om werk vir net een dag te kry.

Hulle ervaar elke dag ʼn totaal ander realiteit as dié een wat die president vanaand besing het. Daar is geen vryheid in so ʼn bestaan nie.

In ʼn algemene verkiesingsjaar is daar twee staatsredes. Een voor en een ná die verkiesing. Alle regdenkende Suid-Afrikaners moet nou toesien dat president Ramaphosa nie weer ʼn spreekbeurt kry met die staatsrede ná die verkiesing nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.