fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende optrede in Matlosana om onwettige staking stop te sit

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die burgemeester van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeestfontein), Maete Kgaile, aangedring op dringende en ferm dissiplinêre stappe teen werknemers wat tot ‘n onwettige staking oorgegaan het en in die proses ook munisipale eiendom beskadig het.

Diegene wat hulle skuldig maak aan intimidasie, vandalisme en die vernietiging van munisipale eiendom, behoort ook strafregtelik vervolg te word.

Die inwoners van Matlosana word telkens uitgelewer aan die gevolge van sulke wettelose optrede met dienslewering wat tot stilstand kom tot nadeel van die hele gemeenskap. Hierdie ANC-beheerde munisipaliteit moet verantwoordelikheid neem en verseker dat dissipline deur effektiewe en professionele bestuur onder die werkmag herstel word.

Die Matlosana-gemeenskap kan nie langer gyselaar gehou word deur ongedissiplineerde munisipale werkers wat hulle elke keer tot misdadigheid wend as hulle nie hul sin kry nie.

Navrae: 082 929 4542

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.