Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde op premier se betrokkenheid by tenderskandaal

Bewerings dat die Vrystaatse premier, Maqueen Leshoa Mathae, omkoopgeld van ʼn kontrakteur ontvang het, bevestig die VF Plus se standpunt dat die Vrystaat deur ’n konstruksiekartel geplunder word.

Die boodskappe, waaroor wyd in die media berig is, is aanvanklik op sosiale media versprei en betrek ʼn kontrakteur, mnr. Patrick Phuti.

Die VF Plus het reeds in die Vrystaatse wetgewer vrae hieroor aan die premier gerig. Die party sal ook die staatsdienskommissie in die Vrystaat versoek om ’n ondersoek te doen na die tenderprosesse in die provinsie en die rol wat politici speel in die toekenning daarvan.

Hoewel die bewerings ernstig is en ondersoek moet word, is die VF Plus van mening dat die sosiale mediaboodskappe as bewys dien dat die dieper probleem van tenderkorrupsie in die Vrystaat dringend aangespreek moet word.

Na dekades bly die Vrystaat ’n tenderlandskap waar die ANC infrastruktuurprojekte misbruik om hulself te verryk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.