fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus loods petisie in De Aar: Onafhanklike ondersoek na drinkwater en riool geëis

Die VF Plus het op 15 Oktober ’n petisie in De Aar geloods om ‘n onafhanklike ondersoek te laat doen na die dorp se drinkwater en riolering.

Die situasie is benard en die probleem is nie, soos mens in die Karoo kan verwag, ’n gebrek aan water nie, maar swak bestuur.

Die pomp van vars water na die dorp se suiweringswerk, sowel as die behandeling van rioolwater, laat veel te wense oor.

Die Emthanjeni-plaaslike munisipaliteit het vyf watertenks in die dorp geplaas wat met tenkwaens opgevul word. Vir ’n dorp met sowat dertigduisend inwoners is dit absoluut onvoldoende. Boonop is daar nie altyd water in die tenks nie.

Die boorgate het wel genoeg water, maar na bewering is drie van die vyf pompe wat dit na die dorp moet pomp, buite werking.

Die VF Plus se plaaslike organiseerder, mnr. Wilhelm Reichert, kon die rioolwerke besoek aangesien daar geen sekuriteit teenwoordig was nie. So het hy gesien dat die elektriese verdeelkaste totaal gestroop is. Die geboue met motors en masjinerie lyk meer na ’n misdaadtoneel as ’n werksplek.

Riool word geheel en al onverwerk in die natuur vrygestel en besmetting van grondwater is onvermydelik.

In die petisie eis inwoners dat ’n onafhanklike ondersoek na die watersituasie in De Aar gedoen word.

Indien die Noord-Kaapse provinsiale regering dit nie kan doen nie, moet konsultante se hulp ingeroep word. Dit moet lei tot omvattende herstelwerk aan alle gedeeltes van die waterstelsel – van die  onttrekking van vars water, deur verspreiding tot die vrylating van afvalwater in die natuur.

Die VF Plus is tans besig om hierdie ontwikkelende krisis ook in die Noord-Kaapse wetgewer sowel as die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) onder die toepaslike departemente se aandag te bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.