Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Met regte ingesteldheid en toewyding kán Suid-Afrika werk

Met die regte ingesteldheid en toewyding kán Suid-Afrika weer werk tot voordeel van al sy inwoners.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in sy hoedanigheid as minister van korrektiewe dienste gewys dit kán gedoen word deur die totale agterstand in paroolaansoeke by die departement van korrektiewe dienste binne ʼn raps meer as sy eerste honderd dae in dié pos uit te wis.

Die VF Plus verwelkom hierdie voorbeeld wat sy leier aan kollegas in die regering van nasionale eenheid (RNE) stel.

Dit is gewis navolgenswaardig en wys dat bekwame persone in die RNE wel die land op die regte koers kan plaas. Dit is reeds besig om te gebeur.

Dr. Groenewald het nie net ‘n agterstand van bykans 500 aansoeke wat van die vorige termyn aan hom oorgedra is afgehandel nie, maar het ook alle nuwe aansoeke teen ‘n spertyd wat hy self vasgestel het, afgehandel.

Dit alles binne minder as vier maande in die amp.

Suid-Afrikaners het oor die laaste dertig jaar onder ʼn ANC-regering met matelose frustrasie gewoond begin raak aan wanfunksionele regeringsdepartemente wat nie by vasgestelde tydlyne hou nie.

Wat hier vermag is, dien as bewys hoe goed ‘n regering kan funksioneer met bevoegde, eerlike en hardwerkende leiers wat hulself omring met bevoegde en opgeleide personeellede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.