Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stad Kaapstad onverantwoordelik om waarskuwingsbord op Houtbaai-strand te verwyder

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat die bestuur van Stad Kaapstad ʼn waarskuwingsbord oor Houtbaai-strand se besoedelde water verwyder het.

Hierdie onverantwoordelike optrede van die Stad hou ernstige gevolge in vir baaiers, branderplankryers en roeiers se gesondheid en veiligheid.

Kaapstad het menseredders aanvanklik gelas om ʼn waarskuwingsbord aan te bring om baaiers te waarsku dat die seewater besoedel is en nie geskik is om in te swem nie.

Dié bord is egter kort daarna weer verwyder nadat die VF Plus die publiek deur ‘n mediaverklaring gewys het op die erge rioolbesoedeling by swemstrande om die stad.

Hierdie optrede is onverantwoordelik.

Dr. Jo Barnes, ‘n epidemioloog en senior lektor by die Universiteit van Stellenbosch se departement vir globale gesondheid, gesondheidstelsels en openbare gesondheid is, het onlangs in ʼn onafhanklike studie bevind dat die Disarivier wat deur Houtbaai vloei, se E. coli-telling baie hoog is en toeneem namate dit na die see vloei.

Wat Houtbaaistrand se besoedelde water aanbetref, is dit ironies daar skaars 100m van die waarskuwingsbord wat verwyder is, ʼn permanente waarskuwingsbord opgerig is dat die water besoedel is, dat dit ‘n gesondheidsrisiko inhou en op eie risiko gebruik moet word.

Met die Desember-vakansie voor die deur, gaan duisende inwoners en toeriste op Houtbaai se strand toesak sonder om die gesondheidsgevare te besef waaraan hulle hulself blootstel.

Die VF Plus sal met die volgende raadsvergadering eis dat die Stad onmiddellik optree en die nodige waarskuwingsborde aanbring op strande waar daar ʼn gevaar van rioolbesoedeling bestaan.

Die tyd het ook aangebreek dat die Stad Kaapstad dringend aandag skenk aan die voortslepende rioolbesoedeling van sekere kusgebiede wat al oor dekades strek en ophou om bloot die probleem kosmeties te probeer verdoesel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.