fbpx
Vryheidsfront Plus

Reaksie-protokolooreenkoms tussen Ekurhuleni en OB verwelkom

Die VF Plus verwelkom die ondertekening van ʼn reaksie-protokolooreenkoms tussen die Ekurhuleni-metro en die openbare beskermer (OB) op 8 Oktober om onder meer onopgeloste diensleweringsprobleme aan te spreek.

Klagte en bewerings wat verband hou met wanadministrasie, korrupsie en ander wangedrag, kan ook by die OB aangemeld word.

Dié ooreenkoms is deur Ekurhuleni se stadsbestuurder, dr. Imogen Mashazi, en die OB onderteken in ʼn poging om dienslewering te verbeter.

Die VF Plus is van mening dat hierdie ooreenkoms deurslaggewend sal wees vir inwoners wat al baie lank met onopgeloste diensleweringsprobleme worstel weens onder meer onbevoegde amptenare en ondoeltreffende en tydrowende prosesse om probleme aan te meld en te behandel.

Die OB het op 19 Februarie vanjaar ʼn satellietkantoor by die Benoni-landdroshof geopen as deel van sy grondwetlike mandaat om meer toeganklik te wees vir inwoners om klagte in te dien.

Die stadsbestuurder het met die ondertekening van hierdie ooreenkoms die metro verbind tot effektiewe bestuur en dienslewering.

Die VF Plus moedig inwoners aan om van die geleentheid gebruik te maak om hul griewe te lug.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.