Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Opknappingswerk aan Krugersdorp se historiese hofgebou afgehandel

Die VF Plus verwelkom dit dat die opknappingswerk aan die historiese hofgebou in Krugersdorp verlede week afgehandel is. 

Die party het as voorsitter van die portefeuljekomitee oor toerisme in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit, deurentyd druk op die betrokke departement geplaas om dié historiese gebou in Kommissarisstraat tot sy eertydse glorie te herstel.

Die hofgebou sal eersdaags sy deure vir besoekers oopstel. 

Bouwerk aan die klip hofgebou is in 1890 begin en die volgende jaar deur oudpresident Paul Kruger amptelik geopen. 

In 1976 is die Renaissance barokkestyl-gebou amptelik vir hofsake gesluit en in 1995 in ʼn museum omskep.

Deur die jare het die gebou vervalle geraak en is aan die begin van die jaar vir die publiek gesluit waarna opknappingswerk ten koste van R12 miljoen begin is. Die grootste onkostes was aan die dak.

Artefakte van voorkoloniale tydperk, gedurende en daarna word in die hofmuseum gehuisves. ʼn Uitstalling van asgaaie, ou gewere en ander besienswaardighede sal vir die publiek aangebied word.

Die hof sal ook deur produksiemaatskappye gebruik word vir die vervaardiging van films.

Vir die VF Plus is dit van uiterse belang dat dié historiese gebou vir nageslagte bewaar word om só ʼn terugblik op hul geskiedenis te gee.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.