Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis optrede van UP ná Malema geweld op kampus aanhits met “Kill the Boer”

Julius Malema se aanhitsing van studente by die Universiteit van Pretoria (UP) met die sing van die haatlied “Kill the Boer” is onaanvaarbaar en die VF Plus dring daarop aan dat daar teen die EFF-studentevereniging, die EFFSC, opgetree word.

Ek sal ʼn skrywe rig aan die rektor en visekanselier van die universiteit, prof. Francis Petersen, waarin ek ernstige beswaar aanteken teen die voorval Vrydagaand by die UP se Thuto-gebou in Pretoria.

Die EFFSC het die byeenkoms gereël en Malema, leier van die EFF, het as gasspreker opgetree.

Die universiteit sê in ʼn verklaring hieroor hy veroordeel “enige vorm van aanhitsing tot geweld, diskriminasie of rassisme” op enige van sy kampusse “ten sterkste”.

Hy gee die onderneming om op te tree teen personeel of studente wat hulle hieraan skuldig maak aangesien die universiteit daarna streef om ʼn “veilige en inklusiewe omgewing” vir al sy studente, personeel en besoekers te skep.

Die VF Plus is van mening dat die EFFSC nie toegelaat kan word om langer verdeeldheid te saai nie. Die skade van hul optrede strek veel wyer as die universiteit se grense.

Rassistiese opswepery soos hierdie druis in teen alle aanvaarde norme van die Suid-Afrikaanse samelewing en kan nie langer geduld word nie.

Die EFFSC is verlede jaar gederegistreer nadat hulle deur gewelddadige optrede amok veroorsaak het deur onder meer toegang aan ander studente tot die universiteitsgronde te weier.

Dit is nou duidelik dat die EFFSC nie weer toegelaat moes word as studente-organisasie by die US nie. Hierdie voorval het gewys hy kan nie vertrou word nie en dat hy permanent gederegistreer en van die kampus verbied moet word.

Voorvalle soos hierdie veroorsaak nie samehorigheid onder die studente nie. Dit skep spanning wat konflik gaan veroorsaak wat studente se veiligheid soos verlede jaar in die gedrang gaan bring.

Die VF Plus sal aan prof Petersen vra of daar wel dissiplinêre stappe teen die betrokke studente geneem gaan word en wat die stappe behels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.