fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus bring oorsigbesoek aan Wapadrand-substasie

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het gister (22 Julie) onder leiding van adv. Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en Gautengse LPW, ‘n oorsigbesoek gebring aan die Wapadrand-substasie nadat dit Saterdagaand gedeeltelik deur ‘n brand verwoes is en groot gedeeltes van Pretoria-Oos sedertdien sonder krag gelaat is.

Die VF Plus is sedert die brand uitgebreek het, daagliks in gesprek met die energie- en elektriese afdeling van die metro om die vorderingsproses te monitor.

Die party is nie tevrede met die stadige herstelproses nie en het daarom self gaan ondersoek instel en met die Tshwane-metroraad se burgemeester, Randall Williams, vergader oor oplossings om die probleem in die toekoms te voorkom.

Die huidige kragprobleem plaas inwoners en sake-ondernemings onder geweldige druk, en die VF Plus is van mening dat die huidige kragprobleem voorkom kon gewees het indien die substasie vroegtydig opgegradeer was.

Die substasie is in 2018 ook gedeeltelik deur ‘n brand verwoes en die versekeringsmaatskappy het aan die einde van verlede jaar die eis toegestaan. ‘n Onafgehandelde (uitgestelde) tenderproses het die opgradering werk gekortwiek wat die Wapadrand-substasie onder druk geplaas het.

Williams het onderneem om die tenderproses vir die dringende opgradering van die substasie te bespoedig.

Die VF Plus gaan die tenderproses deurlopend opvolg om ‘n herhaling van die gebeure te voorkom.

Die VF Plus bedank al die tegnici vir hul harde werk om ten spyte van talle uitdagings die krag so gou moontlik na die geraakte gebiede te herstel.

Navrae: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.