fbpx
Vryheidsfront Plus

Phoenix-geweld: Ras nie die sondebok, maar polisie se onvermoë

"Ras moenie die sondaar gemaak word vir die geweld in Phoenix in KwaZulu-Natal waar talle mense gesterf het nie, maar wel die onvermoë van die polisie en die land se veiligheidstrukture om hul werk behoorlik te doen," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"Dit blyk duidelik uit president Cyril Ramaphosa se weeklikse skrywe waarin hy vra dat Suid-Afrikaners eerlik met mekaar moet praat oor ras, veral verwysend na die geweld in die oorwegend Indiër-woongebied Phoenix.

"Die VF Plus het al verskeie kere in die verlede gevra dat ’n ope gesprek oor ras moet plaasvind en dat die gesprek regstellende aksie (RA) asook swart ekonomiese bemagtiging (SEB) moet insluit.

"Die president moet nie nou agter rassisme skuil oor die gebeure in Phoenix nie. Die werklikheid is dat die gemeenskap van Phoenix geen keuse gehad het as om homself te beskerm nie aangesien die polisie nie die vermoë gehad het om dit te doen nie.

 

"Niemand keer vergeldingsoptrede goed nie, maar die situasie in Phoenix moet in konteks van die gebeure daar gesien word waar veral die afwesigheid van die polisie ’n plofbare situasie geskep het."

 

"Indien die polisie sy werk gedoen het, sou die gebeure in Phoenix en KwaZulu-Natal nie plaasgevind het nie. President Ramaphosa moet die volle verantwoordelikheid aanvaar omdat hy toegelaat het dat onbevoegdheid die land se veiligheidstrukture lam lê.

"Die president maak ook ’n fout deur te dink die gebeure in Phoenix is ’n weerspieëling van die deursnee Suid-Afrikaner se rasse-ingesteldheid.

"’n Goeie voorbeeld van ware rasseverhoudinge tussen mense was in Pongola waar die hele gemeenskap, wit, swart, bruin en Indiër, saamgestaan het om hul dorp van anargie te red.

"Dit is daarom verkeerd om net op Phoenix te konsentreer en die goeie verhoudinge elders te ignoreer.

"Die VF Plus het dit voorheen gevra en herhaal dat die party ten gunste is van ’n gesprek oor ras waar daar na almal geluister word, nie net na die ANC-regering nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.