fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus betreur afsterwe van vriend en kollega Rossouw Botes

Die VF Plus neem met diepe hartseer kennis van die afsterwe van Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung-metroraad.

Rossouw was ʼn man van integriteit en sy liefde vir Bloemfontein en sy inwoners was duidelik in alles wat hy gedoen het. Hy was ʼn ware openbare dienskneg.

Van die VF Plus-raadslede het sedert 2006 saam met hom in die Mangaung-metroraad gedien en alhoewel in verskillende partye, was hy ʼn ware vriend vir die VF Plus.

Sy verlies laat ‘n groot leemte, nie net by sy gesin nie, maar ook by elke inwoner van Bloemfontein wat hom geken het as Meneer Water.

Die VF Plus spreek sy innige simpatie uit met Rossouw se vrou, Eljo, hul twee dogters, familie en vriende asook sy kollegas binne die DA.

Die VF Plus sal Rossouw onthou as ‘n diensbare, vriendelike en sagte mens.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.