fbpx
Vryheidsfront Plus

Verkeerbeheer tydens beurtkrag op N12 in Potchefstroom ingestel ná druk van VF Plus

Die verkeersdepartement in die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit het vandag tydens ‘n vergadering van die munisipaliteit se komitee vir gemeenskapsveiligheid, ingestem om verkeerbeheer tydens beurtkrag op die N12- hoofweg in Potchefstroom in te stel.

Dié instemming volg op volgehoue druk van die VF Plus sedert 2022.

Die N12 is ‘n nasionale roete met swaar verkeer. Tydens beurtkrag lei dit telkens tot groot verkeersknope en gepaardgaande frustrasie onder padgebruikers wanneer die verkeersligte buite werking is.

Die munisipaliteit het tot nou toe deurlopend aangevoer dat daar onvoldoende mannekrag beskikbaar is om personeel op puntdiens op hierdie hoofroete te ontplooi.

Die VF Plus het egter tydens die vergadering uitgewys dat die munisipaliteit reeds verkeersreserviste opgelei het, maar tot op hede nog nie aangewend het nie. Hierdie reserviste sal nou vir puntdiens op die roete aangewend word.

Die VF Plus sal verder daarop aandring dat die opleiding en ontplooiing van reserviste in die toekoms ook fokus op werkskepping onder die jeug. Dit sal nie net bydra tot padveiligheid nie, maar ook jeugontwikkeling in die algemeen.

Vyf sleutelpunte vir verkeersbeheer tydens beurtkrag op die hoofweg wat regdeur Potchefstroom loop, is geïdentifiseer. Dit is die kruisings by Parys-, Govan Mbeki-, Walter Sisulu-, Peter Mokaba- en Beyers Naude-rylane.

Die VF Plus sal volhou om diensleweringskwessies in die munisipaliteit voorop te stel tot voordeel van al JB Marks se inwoners.

JB Marks verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.