fbpx
Vryheidsfront Plus

OG-verslag vir Phalaborwa wys op ANC se onvermoë om te bestuur

Die ouditeur-generaal (OG) se verslag wys dat die Phalaborwa-plaaslike munisipaliteit nie die nodige kennis en stelsels in plek het om die munisipaliteit behoorlik te bestuur nie.

Die ouditmening vir die 2020/21-finansiële jaar is ongekwalifiseerd met baie bevindinge:

• Die verslag wys onder meer uit dat verskaffers aangestel is wat direkteure in diens van 'n ander staatsinstellings is. Daar is onder meer geïdentifiseer dat die diensverskaffers sake gedoen het met die munisipaliteit in die huidige finansiële jaar en dat die direkteure van die maatskappy nie op die MBD4-sertifikaat (verklaring van belange) verklaar dat hulle sake doen met die munisipaliteit nie.

Dit is duidelik dat strenger toesig en beheer nodig is om hierdie tipe korrupsie te voorkom.

• Tydens die fisieke inspeksie van die Namakgale- en Phalaborwa- rioolsuiweringsaanlegte is daar bates geïdentifiseer wat stukkend is en nie in stand gehou word nie. Daar is ook 'n kragopwekker gekoop wat nooit gebruik word nie. Boonop is bevind dat die munisipaliteit rioolsuiweringsaanlegte bedryf sonder 'n waterverbruikslisensie. Basiese sanitasie is dus vervalle.

• Vrugtelose en verkwistende uitgawes

‘n Afwyking is opgemerk tussen die aangeduide bedrag en die bedrag afgeskryf in die huidige jaar. Die balans van R4 722 631 moet nog teen beskikbare bewyse getoets word. Die bestuur het egter die geopenbaarde bedrag van R4 722 652 afgeskryf in die huidige finansiële jaar. Daar is ook vasgetel dat betalings gemaak is vir bestellings wat nie goedgekeur is nie.

Verkwisting van geld lei tot swak dienslewering op ander gebiede. Wanbesteding van finansies plaas druk op ander afdelings wat die geld nodig het.

• Oortydregisters sonder datums

Geen datums is aangeteken op die oortydregister/blaaie wat gebruik word om die oortydure van werkers te bereken nie. Op die oortydblaaie wat gehou word, word slegs ure (tyd-in en tyd-uit) aangeteken.

Dit is duidelik dat meganismes in plek gestel moet word om die berekening van oortyd te beheer en die misbruik van die oortydregister te bekamp.

Die VF Plus sal die uitdagings prioritiseer en sorg dat die raad die regte stappe neem om die administrasie te dwing om beter finansiële bestuur toe te pas. Daar moet aanspreeklikheid en gevolge wees vir oortredings.

Die VF Plus sal aanhou om sy waghondfunksie te vervul om te sorg dat belastinggeld reg aangewend word en oortreders tot verantwoording geroep word.

Die inwoners van Phalaborwa verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.