Die veiligheid van die inwoners van die Tshwane-metro en toeriste wat veral Pretoria besoek, lê na aan die hart van die VF Plus en hy sal aanhou om mee te werk om die stad een van die veiligstes ter wêreld te maak.
Om sy erns met die saak te bevestig, het die party en die Tshwane-metropolisie (TMPD) in gesprek getree met die Tshwane-toerismevereniging om maniere te vind om die stad en toerisme-aantreklihede veiliger te maak.
Die VF Plus se raadslid, Grandi Theunissen, wat ook die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid is, het die versekering gegee dat die TMPD daagliks probeer om die veiligheid en sekuriteit van inwoners, sakelui en toeriste te verbeter.
Een van die planne is om ʼn sentrale beheerstelsel daar te stel vanwaar al die metro se nooddienste sal opereer.
Die VF Plus verwelkom ook die toerismevereniging se veiligheidstoep-inisiatief wat aan 400 verskillende sekuriteitsmaatskappye gekoppel is. Met die druk van ʼn knoppie kan hulp vinnig aangevra word.
Private sekuriteitsmaatskappy staan ook hul plek vol om inwoners se veiligheid te verseker.
Die VF Plus sien daarna uit om in samewerking met die Tshwane-toerismevereniging meer toeriste na die Pretoria te lok.