fbpx
Vryheidsfront Plus

Eensydige Deneysville-naamsverandering onaanvaarbaar

Die VF Plus het sterk beswaar aangeteken teen die voorgestelde naamsverandering van Deneysville na Lekoa weens die gebrek aan behoorlike konsultasie met die dorp se inwoners.

Inwoners van Deneysville is eers op 11 September 2024 van die voorgestelde naamsverandering in kennis gestel waarop die VF Plus ’n formele beswaar ingedien het.

Ten spyte van verskeie versoeke vir ’n openbare vergadering in Deneysville, het die departement op 16 September slegs ’n vergadering met gemeenskapsleiers gehou waar geen duidelike redes vir die naamsverandering verskaf is nie.

Die voorgestelde verandering sal Ε‰ groot finansiΓ«le las vir alle betrokkenes meebring sonder enige bydrae tot dienslewering, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei.

Verder ignoreer die ANC-regering met hierdie voorstel die dorp se geskiedenis en ontwikkeling, wat strydig is met die ooreenkoms van 1994.

Ingevolge diΓ© ooreenkoms is munisipaliteite hernoem, maar dorpe en stede se historiese name het behoue gebly. So is Deneysville se naam behou, terwyl die munisipaliteit Metsimaholo genoem is – uit erkenning van almal se gedeelde geskiedenis en diversiteit.

Deneysville, wat in 1936 geproklameer is en binnekort sy 100ste bestaansjaar vier, het ’n ryk geskiedenis en is vernoem na Deneys Reitz, voormalige minister van waterwese en seun van ‘n destydse staatspresident F.W. Reitz van die Vrystaat.

Inwoners word aangemoedig om saam met die VF Plus op 23 September om 16:00 by die Refeng Kgotso-gemeenskapsaal se openbare deelname proses op te staan teen hierdie beplande naamsverandering.

Die VF Plus sal alles in sy vermoΓ« doen om hierdie onregverdige verandering teen te staan.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.