(Debat in parlement: Buitensporige tariefverhoging waarvoor Eskom onlangs aansoek gedoen het)
Eskom se onlangse aansoek om Ε tariefverhoging van byna 40% in hierdie jaar op verbruikers te hef, lei sedertdien tot groot onsteltenis.
Hierdie berekening is gegrond op die koste van kragopwekking en die vereiste onderhoud en uitbreiding van die kragnetwerk en opwekkingsvermoΓ«.
Indien die groot kragverskaffer se finansiΓ«le verknorsing net aan faktore buite sy beheer te wyte was, sou die aansoek dalk Ε meer simpatieke ontvangs gekry het. Verbruikers besef egter dat hulle nou moet instaan vir jare se swak bestuur, wanaanwending van fondse en selfs misdadige optrede.
Die feit dat Eskom kan poog om hierdie verknorsing op verbruikers af te skuif, is toe te skryf daaraan dat elektrisiteit in Suid-Afrika Ε geadministreerde prys het. Dit beteken dat Eskom om Ε sekere tarief aansoek doen waaroor die regulatoriese owerheid, Nersa, Ε finale besluit neem. Dit is omdat Eskom die elektrisiteitsmark geheel en al oorheers.
Jare van beurtkrag het Suid-Afrikaanse huishoudings, ondernemings en gemeenskappe gedwing om hul eie kragplanne te maak. Die nuwe werklikheid is dat reuse opwekkingseenhede nie meer kleinskaalse, plaaslike opwekking oortref sover dit prys en selfs doeltreffendheid aangaan nie.
Nou dat dit lyk of beurtkrag verby is, spaar diegene met hul eie stelsels steeds geld.
Boonop dra hierdie kleinskaalse opwekking tot die groter prentjie by. Tussen 11:00 en 15:00, wanneer sonpanele die meeste krag opwek, kan Eskom ander bronne aanvul om tydens spitstyd te gebruik. Verder dek batterye, wat verbruikers gekoop het om beurtkrag te oorbrug, ook spitstydverbruik.
Die gevolg hiervan is dat die geadministreerde prys van krag al meer aan die vrye mark onderhewig is. Verbruikers het inderdaad nou Ε keuse as die prys van Eskom-krag hulle nie meer pas nie.
Soos met veiligheid en instandhouding van infrastruktuur, kan gemeenskappe al hoe meer baat vind daarby om kragte saam te snoer en kragverskaffing van Ε individuele onderneming na Ε gemeenskapaksie te versterk.
Frankfort in die Vrystaat en Orania in die Noord-Kaap is twee gemeenskappe wat reeds die weg daarvoor aanwys.


