Hoe meer daar gepraat word oor Erfenisdag en begrippe soos eenheid in diversiteit, hoe verder dryf Suid-Afrika se mense uitmekaar omdat daar nie Ε ware poging is om diversiteit te erken en omarm nie.
Die ANC-regering se poging om Ε sosiale konstruk vir Suid-Afrika met Ε inklusiewe mantel te klee, verydel enige poging om waarlik gestalte te gee aan eenheid in diversiteit en gee nie ware erkenning aan erfenis nie.
DΓt het duidelik geblyk uit die parlementΓͺre debat oor Erfenisdag toe sprekers van die onderskeie partye β van die ANC tot die EFF en MK geen twyfel gelaat het nie dat Suid-Afrikaners oor die afgelope dertig jaar eerder verder uiteen gedryf het as wat hulle mekaar gevind het.
Die mooiste woorde en clichΓ©s is betekenisloos as die werklikheid nie erkenning gee aan mense se verskille en verskeidenheid nie.
Ε Kulturele erfenis is Ε persoon of Ε groep of Ε gemeenskap se unieke sin vir identiteit, waardes, tradisies, kultuur en gebruike wat oorgedra word van vorige geslagte die toekoms in. Vandag skep reeds more se erfenis.
Veral in Suid-Afrika met sy wye verskeidenheid mense is ware erfenis baie belangrik. Dit gaan oor nasiebou en sosiale eenheid.
Faktore soos sport wys hoe mense maklik verenig kan word en in mekaar se blydskap kan deel. Maar dit gaan ook nie altyd goed in sport nie. Dit is vlietend en soms vinnig vergete.
Hierteenoor is dinge soos kultuur en identiteit vaste, oorerfbare boustene en daar is enorme energie wat opgesluit lΓͺ in die land se verskeidenheid van mense en kulture.
Daarom moet daar wedersydse respek wees vir mekaar se kulture en elkeen moet kan trots voel op wie hy of sy is.
Dit kan die land vorentoe neem en moet omarm word, maar dit gebeur ongelukkig nie. Inklusiwiteit het nie plek vir eie identiteit en verskeidenheid nie.
Die tyd het aangebreek dat Erfenisdag in die ware sin van die woord gevier word.


