fbpx
Vryheidsfront Plus

Sedibeng-burgemeester bestee duisende op oorsese reis

Die VF Plus in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit steun Ε‰ raadsbesluit oor ‘n ondersoek na geldvermorsing op ‘n oorsese besoek van die burgemeester.

Die burgemeester, Lerato Maloka, het Duitsland vir vyf dae besoek in Julie vanjaar.

Ε‰ Groep van vyf, wat die burgemeester insluit, was van 21 tot 26 Julie in MΓΌnchen waar hulle Ε‰ internasionale vigs- en TB-konferensie bygewoon het.

Die besoek het belastingbetalers R566 979.53 gekos wat twee besigheidsklaskaartjies van R90 000 elk insluit.

Die raad het in sy aanbevelings gevra dat daar in die besonder gekyk moet word na ‘n beleidsoortreding wat bepaal dat nie die burgemeester of enige van sy of haar gevolg geregtig is op Ε‰ besigheidsklaskaartjie nie.

Indien daar bevind word dat die burgemeester wel verkeerd opgetree het, sal sy versoek word om die verskil tussen diΓ© kaartjies en ekonomieseklas-kaartjies terug te betaal.

Die VF Plus wil ook weet watter voordele die besoek aan MΓΌnchen vir Sedibeng gebring het.

Die Sedibeng-distrikmunisipaliteit is Ε‰ sukkelende munisipaliteit en kan nie sulke duur en onnodige reise na die buiteland bekostig nie. Die geld kon eerder aangewend gewees het binne die munisipaliteit om dienslewering te bevorder.

Die VF Plus sal die ondersoekverslag noukeurig bestudeer en seker maak dat die publiek se belastinggeld nie vermors word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.