fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VBS – Betrokkenheid van die ANC en EFF moet in die kollig kom

"Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van agt kern-rolspelers in die VBS-bedrogsage van meer as R2 miljard, maar dit is nou belangrik om ook optrede te sien teen bekende persone en ampsdraers in die ANC en die EFF wat glo voordeel getrek het uit die geld wat deur VBS gestroop is," sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van samewerkende regering.

"Vrae oor die betrokkenheid van, en optrede teen die EFF se leier en onderleier, Julius Malema en Floyd Shivambu, is vandag gevra ten tyde van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se mediakonferensie oor die aangeleentheid

"Vae ontkennings oor dié twee persone en ANC-ampsdraers se betrokkenheid sal nie die VF Plus of die publiek tevrede stel nie en die party sal daarop aandring om uit te vind presies wat hul betrokkenheid in die aangeleentheid is.

 

"Die VF Plus dring ook daarop aan dat alle persone wat verantwoordelik was vir beleggings wat die onafhanklike beleggingskorporasie (OBK) met geld van die staatsdiens-pensioenfonds by VBS gemaak het, verantwoording doen."

 

"Alle betrokkenes by die OBK, insluitende direkteure, lede van die beleggingskomitee, die waardering-subkomitee en ander, moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir gelde wat deur beleggings by VBS verloor is indien hulle bewus was van ongerymdhede maar dit verswyg het.

"Dit is bekend dat heelwat van die munisipale amptenare wat by die sindikaat geïmpliseer is, vir maande reeds met betaalde verlof is weens dissiplinêre aksies wat nie gefinaliseer word nie.

 

"Hulle ontvang dus goue handdrukke wat gefinansier word deur dieselfde gemeenskappe wat onder hul beweerde misdadige optrede gely het en optrede teen dié persone moet so as moontlik gefinaliseer word."

 

"Dit is wel verblydend dat die owerhede reeds beslag gelê het op die bates van sommige van die persone wat in hegtenis geneem is.

"Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) en haar span ondersoekers moet seker maak dat nie een van die beskuldigdes toegelaat word om hul luukse leefwyses voort te sit met geld en bates wat onregmatig van hierdie arm gemeenskappe en munisipaliteite gestroop is nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.